AANWYSINGS/KAART

Aanwysings / Kaart

WENK

Die grondpad van Parys tot by Nomako is 15km. Neem kennis dat indien u met ‘n motor ry, dit ongeveer 30 minute gaan neem, aangesien u stadig moet ry.

Directions

  • Ry uit Parys na Vredefort (R59).
  • Draai regs by die Schoemansdrift pad net na Vaal de Gráce.
  • Hou reguit vir 7,2 km – u sal verby Dimalachite aan u regterkant ry.
  • Net na Dimalachite volg daar ‘n T-aansluiting – draai regs.
  • Volg die pad vir ongeveer 2,5km.
  • U sal verby Kommandonek aan u linkerkant ry en Hadeda Creek aan u regterkant.
  • Ongeveer 1,4km van Hadeda Creek is daar ‘n T-aansluiting aan u regter kant.
  • Draai regs en volg die pad vir ongeveer 2km.
  • Ry verby The Nutcracker aan u regterkant.
  • Ry reguit na die ingang van Hakuna Matata.
  • Ry deur Hakuna Matata se hek (as die hek toe is, maak hom net oop) en ry aan vir ongeveer 1km.
  • Ry by Nomako’s se ingang in aan u regterkant en volg net die pad.